Verkopersverklarings is ‘n belangrike stukkie gereedskap om die verspreiding van veesiektes te voorkom. Dok Faffa Malan is ‘n bekende naam onder veeboere in Suid-Afrika. In 9 Julie 2018 se aflewering van Grootplaas, gesels hy oor die belangrikheid van hierdie verklarings vir die veebedryf.
Die probleem met Johne se siekte is dat die bakterie wat dit veroorsaak, Mycobacterium avium subsp.paratuberculosis, hitte, koue en droogte kan weerstaan, en vir so lank as 'n jaar in die grond en water kan oorleef.