Besoedeling van wol het 'n groot finansiële impak op die hele wolverwerkingketting. Dit is veral vreemde “vesels” afkomstig vanaf baaltou en polipropileen sakke wat 'n probleem is. Baaltou en polipropileen sakke maak fyn “vesels” wat partymaal nie sigbaar is met die blote oog nie. Hierdie “vesels” beland dan in die verwerkingsproses, maar omdat hulle nie natuurlike vesels is nie, neem hulle nie kleurstof op nie. Sodra die materiaal gekleur word, wys hierdie vesels op. Dit is dan onmoontlik om hierdie vesels te verwyder en is sulke materiaal onbruikbaar. Jan Louis Venter, NWKV Produksie Adviseur Vrystaat sê Wolkopers het 10 kategorieë waarvolgens hulle foute in ‘n skeersel aanteken.