Waar 'n skaapvertakking 'n teelkudde insluit, is die winsgewendheid grootliks afhanklik van die handhawing van 'n optimale reproduksietempo, d.w.s. 'n reproduksietempo wat die vergoeding vir 'n gegewe insetvlak maksimaliseer.
OOIE
VOORBEREIDING VAN OOIE VIR HERFSPARING
Die doel met die voorbereiding van ooie vir herfsparing is om ovulasietempo en besetting te maksimeer. Hierdie is 'n baie belangrike skakel in die reproduksie ketting. Indien hierdie fase nie suksesvol is nie, laat dit groot leemtes in die totale vertakking. Voeding is seker die belangrikste aspek in die voorbereiding van ooie vir paartyd. Dit is lank reeds bekend dat skape se genetiese potensiaal slegs ontgin kan word indien die diere optimaal gevoer word.
Bestuur van ooie vir optimale reproduksie
Waar 'n skaapvertakking 'n teelkudde insluit, is die winsgewendheid grootliks afhanklik van die handhawing van 'n optimale reproduksietempo, d.w.s. 'n reproduksietempo wat die vergoeding vir 'n gegewe insetvlak maksimaliseer.
Dragtigheid
Die dragtigheidsperiode van ooie is vir elke skaapboer die belangrikste tydperk van die jaar. Die voedings- en bestuurspeil gedurende hierdie periode beinvloed die winsgewendheid van die onderneming regstreeks.