Kontantvloei gaan druk - oorweeg die volgende stappe: • Gaan sien u rekenmeester en doen ? kontantvloeibeplanning vir u besigheid vir ten minste die volgende 12 maande. Wees realisties met die syfers. Doen ook ? behoorlike begroting vir u persoonlike finansies. • Gaan sien u bankbestuurder as dit blyk dat u nie u verpligtinge ten opsigte van u leningsterugbetalings sal kan diens nie. Moenie hierdie aksie uitstel totdat die bank teen u begin optree nie. Wees liewer pro-aktief. • Raak ontslae van wit olifante op die plaas.