Siektevoorkoming deur inenting is nie so eenvoudig dat ‘n eenvormige program vir alle veeboere landswyd uitgegee kan word nie.
Veeartse gebruik die siekterapporteringsverslag al vir die afgelope 12 jaar om ‘n oorsig te gee van watter siektes in die land voorkom; watter siektes seisoenaal is; watter siektes die meeste probleme veroorsak; en watter siektes nié in sekere areas nie, maar wel in ander voorkom. Siekterapportering se doel is om veeboere beter te help met siektevoorkoming – werk dus saam met u veearts!
Om riglyne van ‘n inentingsprogram te ontvang, stuur die volgende besonderhede per Whatsapp na 072 1735 705:
- U naam en van.
- Distrik waar u boer.
- E-posadres.
- Naam van die kuddevaarts wat gebruik word.





