’n Eeu van uitnemendheid verdien uitnemende versekering

Estimated reading time: 3 minutes

Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) vier vanjaar sy eeufees! Met die herdenking van ‘n groot mylpaal soos hierdie, is dit goed om te reflekteer oor die talle projekte, sake en aangeleenthede waarin die NWKV ‘n wesenlike verskil gemaak het en steeds maak.

’n Organisasie wat omgee

‘n Klompie jare gelede het die NWKV besef dat dekking vir sy lede se veekuddes haas onbekostigbaar geraak het. Die organisasie het dus, in samewerking met Hollard, ‘n spesiale versekeringspolis ontwikkel wat gemik is op bekostigbare rampdekking. Talle wolprodusente is oor die jare deur hierdie dekking van ‘n finansiële ramp gered.

Nou, in hierdie feesjaar, het die NWKV en Hollard koppe bymekaargesit oor hoe hierdie oplossing verder belyn kan word met die besondere uitdagings wat wolprodusente in die gesig staar. By Hollard glo ons dat NWKV-lede voordeel moet trek uit enige sodanige oplossing en dat dit tot voordeel van produsente, die NWKV, asook die groter landbouomgewing moet strek.

Die uitkoms van daardie gesprek is ‘n gebruikersvriendelike en bekostigbare polis wat steeds die kerndekking van die oorspronklike bevat. Dit bied aan produsente meer vryheid en keuse wat perke en vlakke van dekking betref.

’n Unieke dekkingstruktuur

Die dekking wat verleen word is juis vir gebeurtenisse waaroor wolprodusente dikwels geen beheer het nie:

  • Brand, weerlig, storms, water, hael, sneeu en verkluiming.
  • Transito na en van die skeerhok – R50 000 per gebeurtenis.
  • Brandbestrydingskoste tydens ‘n transito-eis – R10 000.
  • Outomatiese dekking vir lammers.
  • Daar is steeds ‘n wagtydperk van tien dae vanaf aanvaarding van die aansoek en wanneer dekking inskop. Dit help nie jy neem die dekking uit wanneer die haelbui reeds losgetrek het nie!
  • Verseker alle skeerbare skape.

Perke

  • Daar is nou ‘n enkele limiet per plaas/werf en die produsent kies ‘n bedrag tussen R1 000 000 en R10 000 000.
  • Die produsent kies ook ‘n limiet per dier tot ‘n maksimum van R4 000.
  • Lammers word outomaties gedek tot en met 12% van die totale tropgetal, met ‘n maksimum
    van R800 per lam.

Tariewe

  • NWKV-lede betaal ‘n tarief van 0,35% per jaar vir hul gekose perk.
  • Nie-lede betaal ‘n tarief van 0,65%.
  • Afgesien van die voordele van NWKV-lidmaatskap, glo ons dat die prysverskil produsente sal
    aanmoedig om by die NWKV aan te sluit.

Bybetaling

  • Die bybetaling vir enige eise beloop 10% van die eis, met ‘n minimum van R25 000.
  • Die bybetaling vir die transito en brandbestrydingskoste is net 10% van die eis met ‘n
    minimum van R1 000.

Produsente moet ook nie onverantwoordelik omgaan met hoe hulle hul dekking struktureer nie. Dit maak byvoorbeeld nie sin om te sê jy het 1 000 skape wat elkeen R4 000 werd is, maar jy verseker jou trop vir net R1 000 000 nie. Verseker hulle dan of vir R4 000 000 of verminder die individuele waarde per skaap na R1 000.

Die premie word op die totale bedrag bereken. Sou jy jou kudde vir R1 000 000 verseker, kos dit jou R3 500 per jaar, terwyl R4 000 000 jou R14 000 sal kos. Indien jy nie ‘n NWKV-lid is nie, sal die bedrag R6 500 en R26 000 onderskeidelik wees. – Andries Wiese, hoof van landbou, Hollard

Maak liefs van ‘n kundige makelaar se dienste gebruik om jou dekking korrek te struktureer. Stuur ’n e-pos na andriesw@hollard.co.za vir meer inligting.