In the News

In die top tien persent van alle korporatiewe tydskrifte landswyd! Dis waar Agri Connect se tydskrifte, te wete The Dairy Mail, Wolboer/Wool farmer en Rooivleis hulle bevind.

Tydens die pas afgelope prysuitdelings van die SA Publikasieforum in Midrand is Agri Connect se tydskrifte aangewys as van die beste korporatiewe tydskrifte in die land. Uit die 160 inskrywings wat ontvang is, is Wolboer/Wool farmer en The Dairy Mail binne die boonste 15 geplaas; met Rooivleis/Redmeat ’n kortkop agter hulle.

Fanie van Rooyen se heel eerste Red Meat/Rooivleis was ’n finalis in die kategorie: “Beste eksterne tydskrif”.

The Dairy Mail , onder die redakteurskap van Robyn Joubert, het ’n derde plek behaal in die kategorie: “Beste eksterne tydskrif”, asook ’n derde plek in die voorblad-kategorie.

Wolboer/Wool Farmer, onder die redakteurskap van Karen Grobler, het tweede gekom in die kategorie: “Beste eksterne tydskrif”, en beide TDM en WB was finaliste as die “Beste korporatiewe publikasie”.

Baie geluk aan die Agri Connect-span wat almal ’n aandeel in die tydskrifte se sukses gehad het.

Berig deur Leza Putter, Agri Connect

 

Save

Save