In the News

Daar is baie onsekerheid onder boere oor watter voordeel die termynkontrak vir hulle kan inhou. Wolboer / Wool Farmer het met Chris Sturgess, direkteur:  afgeleide kommoditeite op die JSE gepraat en met hierdie artikel poog die NWKV om wolboere daaroor in te lig. Lees hier.  

The National Minister for Agriculture, Forestry and Fisheries has been requested to urgently investigate the manufacture, supply and distribution of vaccines by Onderstepoort Biological Products (OBP).  The National Animal Health Forum (NAHF) who represents a number of industries in the agriculture / animal health / production sector and who is in direct liaison with the Dept. of Animal Health under DAFF, directed an urgent letter to Mr. Senzeni Zokwana on the current situation of availability of vaccines at OBP.  Vaccine unavailability is preventing DAFF from effectively implementing control of controlled animal diseases in SA.  They suggested that if OBP is unable to deliver vaccines to the broader livestock industry, the sourcing of vaccines from outside the borders of the Republic of South Africa should be investigated.  A request for a meeting with the Ministers’ office, the NAHF and OBP with a simultaneous site inspection at OBP has been directed to the Minister for consideration.  Read here.

In die top tien persent van alle korporatiewe tydskrifte landswyd! Dis waar Agri Connect se tydskrifte, te wete The Dairy Mail, Wolboer/Wool farmer en Rooivleis hulle bevind.

Tydens die pas afgelope prysuitdelings van die SA Publikasieforum in Midrand is Agri Connect se tydskrifte aangewys as van die beste korporatiewe tydskrifte in die land. Uit die 160 inskrywings wat ontvang is, is Wolboer/Wool farmer en The Dairy Mail binne die boonste 15 geplaas; met Rooivleis/Redmeat ’n kortkop agter hulle.

Fanie van Rooyen se heel eerste Red Meat/Rooivleis was ’n finalis in die kategorie: “Beste eksterne tydskrif”.

The Dairy Mail , onder die redakteurskap van Robyn Joubert, het ’n derde plek behaal in die kategorie: “Beste eksterne tydskrif”, asook ’n derde plek in die voorblad-kategorie.

Wolboer/Wool Farmer, onder die redakteurskap van Karen Grobler, het tweede gekom in die kategorie: “Beste eksterne tydskrif”, en beide TDM en WB was finaliste as die “Beste korporatiewe publikasie”.

Baie geluk aan die Agri Connect-span wat almal ’n aandeel in die tydskrifte se sukses gehad het.

Berig deur Leza Putter, Agri Connect

 

Save

Save

Subcategories