Handling- and Transport facilities

Soek u ‘n kwaliteitproduk teen ‘n billike prys wat arbeid vergemaklik en kostes bespaar? 

DBL Engineering bied aan alle aktiewe lede van die NWKV ‘n 5% korting op reeds baie mededingende pryse op enige kleinvee hanterings- en vervoergeriewe en onderneem daarby om ‘n verdere 5% van elke transaksie aan die NWKV oor te betaal.

Verstelbare laaibanke, beesnekklampe, verskuifbare beeskrale, sleepwaens, verskuifbare skaapkrale, verstelbare skaaplaaibanke, skaaptilte, kleinveeskale en lam kruiphokke is van die produkte wat op webtuiste www.debeerlandgoed.co.za besigtig kan word en bestellings kan geplaas word via die kontakbesonderhede op hulle webtuiste.

Om te kwalifiseer vir die korting, sal elke NWKV lid hul produsentenommer verskaf en sal ‘n verifiseringsisteem in plek gestel word om lidmaatskap te bevestig. Die promosie is geldig vir 3 maande waarna die ooreenkoms hernu kan word sou beide partye daartoe instem.