Shearing

Voorkoming van woldiefstal (kommunale areas)

Radio onderhoud tussen Landbou Radio en Willem Goosen sowel as Dr. Louis du Pisani. (Oktober 2016).  Willem beklemtoon die feit dat wanneer die wol geskeer en gebaal word, dit so gou as moontlik vervoer word na Port Elizabeth - moet nie langer as 'n dag in die skeerskuur gehou word nie.  Dr. Louis du Pisani rig 'n waarskuwing aan boere om attent te wees op die feit dat woldiefstal al hoe meer plaasvind.  Luister hier

 

Low uptake / high fall-out rate of trainee shearers in SA

Radio interview between Algoa FM (Agri Focus) and Dr. Louis Du Pisani (October 2015)

The shearing and wool-handling committee recently discussed a report on an investigation into the reasons why there is a low uptake and/or high fall-out rate of trainee shearers in South Africa.  The National Woolgrowers' Dr Louis du Pisani, conducted interviews with instructors from the NWGA shearer training and wool-handling division, the two biggest shearing contractors, BKB and CMW, trainees who had joined the shearing industry and progressed to higher levels, shearers, as well as the Shearing Advisory Committee and SA Sheep Shearing Federation.  Louis concludes his discussion by speaking on improving communication between shearing contractors, shearers and producers.  Part 1Part 2Conclusion.


Mpumalanga hou skeerkampioenskappe

Mpumalanga het op 4 & 5 Februarie 2014 hul skeerkampioenskappe en wolklasseringskompetisie op Roodewal, die plaas van Japie Celliers (snr) in Ermelo, gehou. Altesame 56 skeerders het deelgeneem. 

Die Intermediêre masjienskeerders moes in die uitdunne elkeen drie skape skeer waarna die vier beste skeerders na die finale rondte deurgedring het. In die finale rondte het elkeen vyf skape geskeer. Die skeerders word volgens spoed en die gehalte van skeer beoordeel.  Die wenner het sy vyf skape in 21 minute en 2 sekondes geskeer en 83 punte behaal. 

Tydens die uitdunne van die wolklasseringskompetisie moes die deelnemers drie vagte klasseer. Hulle is beoordeel vir spoed en die gehalte van klassering. In die finaal moes hulle ook drie vagte klasseer.

Die organiseerders bedank BKB, CMW, die SA-Skeerfederasie, die Landbank en die NWKV se Ermelo-streekkantoor. Groot dank ook aan Japie Celliers wat sy skeerskuur beskikbaar gestel het en mnr Randall wat die skape voorsien het.



Shearing team for 2014 World Championships elected

A NWGA shearing instructor is part of the shearing team that will represent South Africa at the Golden Shears World Sheep Shearing and Wool Handling Championships to be held in Gorey, Ireland in February / March next year.  The team was elected during trails at the Grootfontein Agricultural College in Middelburg earlier in October 2013. 

The two hand shearers are Zandisile Fickson Maqhosha and Zweliwile Hans, both BKB shearers.  Mayenzeke Shweni (CMW shearer) is the reserve.  Hans walked away with the world title in hand shearing at the previous world championships in New Zealand in 2012 and Shweni was the runner-up.  Hans has won the world title four times.

The machine shearers are Temba Khoza from the NWGA and Abel Notsi from Saamskeer Skeerdiens, with DG Snyman, a private shearing contractor from Philippolis, as the reserve.

The wool handlers are Elna Kitching (BKB) and Luvo Kiyane (an Intern with NWGA Production Advisory Services) with Charl Rogers, a student at Grootfontein, as the reserve.  Kitching and Kiyane also represented South Africa at the previous world event.

 

NWKV bied skeerkursus op Elsenburg aan

Die NWKV se afdeling Skeerderopleiding het vanaf 30 September - 4 Oktober 2013 'n skeerkursus vir beginners by die Landboukollege Elsenburg in die Weskaap aangebied.  Dit was die derde agtereenvolgende jaar dat die kursus onder leiding van die bestuurder van die afdeling, Izak Klopper en NWKV skeerder, Andries Nkahle aangebied is.  Benewens die opleiding van skeerders is die doel ook om 'n groter bewustheid van die belangrikheid van skeerders vir die wolbedryf te skep.  Elf (11) studente, waaronder twee (2) vroue, het vir die kursus ingeskryf. 

Weens die groot belangstelling in die kursus beoog die NWKV om volgende jaar twee kursusse kort na mekaar aan te bied.  Die NWKV bedank dr Jasper Cloete van Elsenburg vir die reëlings.

 

Kinders leer meer oor wol en skeer

Die NWKV se afdeling vir skeerderopleiding was een van die deelnemers aan die boeredag wat die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein op 20 Augustus 2013 gehou het.

Die dag was ’n groot sukses en is en deur sowat 500 leerders en talle onderwysers bygewoon.  Van die hoogtepunte was skaapskeerdemonstrasies deur D G Snyman van Phillippolis en Tienie Du Plessis van Steynsburg, wat hul eie skeerspanne gebring het.  Izak Klopper, Bestuurder: Skeerderopleiding, het tydens die skeer kommentaar gelewer en leerders se vrae beantwoord. Herman Archer van Trompsburg het die skape voorsien en die wol geklasseer.  Izak het ook gesels oor die finansiële voordele van skeer en die moontlikheid om by boerdery betrokke te raak sonder dat jy jou eie grond of vee hoef te besit.  Baie kinders en onderwysers het dié dag vir die eerste gesien hoe skape geskeer word en die geleentheid gekry om aan die wol te vat.