Reproduction

Die verdwynfaktor - wat loop skeef tussen skandering en lam?

Australiese navorsers glo hulle kan die lampersentasie van Merinokuddes met tot 40 persentasiepunte verhoog indien hulle embriomortaliteit kan beperk.  Fetusverdwyning tussen skandering en lam is 'n wenslike probleem.  Artikel deur Dr. Jasper Coetzee soos verskyn in die Wolboer Julie / Augustus 2015.


Ooibestuur tydens dragtigheid

Om produksie per hektaar te verhoog, moet soveel as moontlik van stelsels en strategieë gekombineer en toegepas word.  Optimale voeding gedurende die verskillende fisiologiese stadiums van die teelooi is noodsaaklik vir 'n hoë reproduksietempo, hoë lamoorlewing en vinnige lamgroei om te verseker dat die genetiese potensiaal van jou skaapkudde bereik kan word. Wins word hoofsaaklik deur doeltreffendheid bepaal en nie soseer deur die wol- en vleisprys nie.  Artikel deur Juan Venter, NWKV-produksie adviseur, Middelburg, Ooskaap.


Algoa FM gesels met Juan Venter, die NWKV se produksie adviseur op Middelburg in die Ooskaap oor die bestuur van ooie tydens laat dragtigheid en vroeë laktasie.  Juan sê ongeag die stelsels en infrastruktuur wat gebruik word, sal die optimum potensiaal van 'n ooi slegs behaal word indien die skaapprodusent toesien dat sekere belangrike dinge gedoen word.  Dag 1 gesels hy oor aspekte van belang gedurende lamtyd en by lakterende ooie.  Voorsetting Dag 2 gesels hy oor die faktore wat belangrik is by dragtigheid. 


Prikkel ooie vir meer lammers

Daar word al vir meer as 100 jaar navorsing oor die effek van prikkelvoeding op die reproduksie van ooie gedoen.  Die resultate van hierdie navorsing wissel egter.  Die vraag ontstaan dus of prikkelvoeding by ooie die moeite werd is.  Artikel deur Jan Louis Venter, NWKV Produksie-adviseur Vrystaat.
Radio-onderhoud 3 Mei 2016 tussen Pretoria FM & Jan Louis Venter (Luister vanaf minute 5.33 - 13:07).

Prikkelvoeding van ooie.  'n Hulpmiddel of geldmors? Artikel soos verskyn in Afgriland Mei / Junie 2016 uitgawe.


Beste praktyke vir Lenteparing

Lenteparing geskied vanaf September tot en met Desember.  Gawie van Wyk, NWKV produksie adviseur Noordkaap gee advies oor beste praktyke wat die hoogste moontlike besetting van ooie verseker.  Lees hier. Radio onderhoud tussen Algoa FM en Gawie van Wyk (Sept 2016).  Luister hier - Dag 1, Dag 2.


Voorbereiding van ooie vir herfsparing

Die doel met die voorbereiding van ooie vir herfsparing is om ovulasietempo en besetting te maksimeer.  Hierdie is 'n baie belangrike skakel in die reproduksie ketting.  Indien hierdie fase nie suksesvol is nie, laat dit groot leemtes in die totale vertakking. Voeding is seker die belangrikste aspek in die voorbereiding van ooie vir paartyd. Dit is lank reeds bekend dat skape se genetiese potensiaal slegs ontgin kan word indien die diere optimaal gevoer word.  Artikel deur Kobus Grobler.


Versorging van vervangingsooie hou baie voordele in 

Gys van Wyk van die plaas Goraas in Carnarvon distrik boer al vir 33 jaar eksklusief met Merinos en heg groot waarde aan die spesiale versorging van sy jong speenooilammers. Die praktyk bring mee dat sy kudde jaarliks verjong met ‘n gevolglike gesonder wolgroei en –opbrings. Volbek-ooie wat vervang word is gewoonlik relatief jonk met ‘n goeie mark vir verkope.  Artikel deur Gawie van Wyk, NWKV produksie adviseur Noordkaap (Carnarvon)


Seleksie van Vervangingsooie - Beste Bestuurspraktyke

Dit is ʼn bekende en belangrike praktyk in veeboerdery om elke jaar ongeveer 25% tot 30% van die ooikudde met jong ooie te vervang en wel om die volgende redes:

  1. Om die ooikudde se gemiddelde ouderdom te handhaaf.
  2. Om ouer diere waarvan die produksie en reproduksie vermoë begin daal, te vervang
  3. Om die kudde se gehalte voortdurend te verbeter.

Artikel deur Gawie van Wyk, NWKV produksie adviseur Noordkaap (Carnarvon)


Goeie besetting en reproduksie 

(Maart 2016).  Die droogte het baie boere se produksieplanne en siklusse omver gegooi, en daardie ooie wie in Okt / Nov gedek is, se besetting is waarskynlik negatief beinvloed, wat die gebruik van ramme vir 'n addisionele dekking noodsaak.  Dr. Louis du Pisani gesels met RSG Landbou en verduidelik hoekom ramme goed voorberei moet word vir hierdie paring.  Luister hier.


Rambestuur in kleinveekuddes

Ramme verteenwoordig ’n groot kapitale uitleg in elke kudde. Met goeie rambestuur kan elke ram die maksimum aantal lammers moontlik verwek, wat beteken dat goeie rambestuur ‘n faktor is wat baie tot die winsgewendheid van die boerdery bydra.  Artikel deur Juan Venter, NWKV produksie adviseur, Middelburg, Ooskaap.  Basiese beginsels van rambestuur - Afgriland Mei / Junie 2016


17 Februarie 2016 - Landbou Radio gesels met Juan Venter, NWKV produksie adviseur, Middelburg Ooskaap oor Rambestuur en hoe dit die winsgewendheid van kudde kan verhoog.  Luister hier. (vanaf minute 06:50 - 15:10). 

Wenke oor goeie rambestuur, inenting en koggeltyd - Pretoria FM. (vanaf minute 14:30 - 21:20)


Hoekom is die voorbereiding van ramme so belangrik?

(Sept 2015) - Ramme is die mees vergete diere op 'n plaas en 'n ram wat nie goed voorberei word vir paring nie, kan moontlik die rede wees hoekom 'n ooi wat die potentisaal vir tweelinge het, nie gedek kan word nie.  Dr. Louis du Pisani gee waardevolle advies aan boere in onderhoud met Radio Namakwaland se Egbert Brink.  Luister hier.


Waarde van koggelramme

 Dr. Louis du Pisani gesels met RSG Landbou oor die praktyk wat boere gebruik om verbeterde reproduksie te kry.  Luister hier(Vanaf minute 16:30 - 22:10)