Grazing and Pasture Management

Beter ruvoer, beter prestasie 

Een van die belangrikste hulpbronne op veeplase is sekerlik die beskikbare weiveld. Daarom is dit van kardinale belang vir boere om die veld te ken, te bestuur, te bewaar en doeltreffend as ruvoerbron te benut om die beste diereproduksie te verkry. Lees artikel deur Gawie van Wyk, Noordkaap NWKV Produksie Adviseur.  

 

Plant nou voer vir komende winter

22 Februarie 2016 - Dit het begin reën oor dele van die somersaaigebiede. In die meeste gebiede is dit nou te laat vir die aanplant van grane. Tog is daar steeds tyd vir die aanplant van voere om vir die komende winter voorsiening te maak. Eenjarige weidings soos voersorghums, voersorghum hibriede, sorghum X soedan hibriede en selfs tef (en tef-mengsels) kan oorweeg word. Plant sorghum cultivars wat ‘n fyn struktuur het en smaaklik is. Praat met ‘n plaaslike saadhandelaar oor die beste cultivars wat u nou kan aanplant.  RSG Landbou se Dr. Chris Viljoen gesels met Dr. Louis du Pisani oor hierdie onderwerp - http://www.elsenburg.com/radioelsenburg/2016/R160122.mp3 (Luister vanaf 7:28 minute tot 10:10)


Hoe gemaak wanneer droë winter in die vooruitsig is ?

2 Maart 2015 - Dr. Louis du Pisani gesels met Algoa FM (Agrifocus) oor wat veeboere te doen staan indien 'n droë winter in die vooruitsig gestel word.  Luister hier.  Louis gee verder raad aan boere oor hoe hulle hulself en hul kuddes tydens die wintermaande kan beskerm. Luister hier.   Vir volledige artikel, lees hier. 


Alternatives to bridge grazing shortfall during the winter

1 April 2015 - Dr. Louis du Pisani chats to Algoa FM (Agri Focus) about several alternatives of bridging a grazing shortfall during the winter.  When the summer rainfall grassland areas of South Africa experience below average grazing conditions towards the end of March, there is a more than 50:50 possibility that livestock farmers will experience grazing shortages until the onset of the next rainy season.  Listen here