Generiese Bestuurskalender

NWKV Produksie Adviseurs gaan elke 2 maande 'n lys van bestuursaksies publiseer wat belangrik ge-ag word om moontlik u veekudde beter te bestuur.

Somerreëngebied - Februarie en Maart                           For English version, click here

Somerreëngebied - April en Mei.  Indien kruipvoeding aan lammers verskaf moet word, kan gebruik gemaak word van 'n Kruipvoer-Krip.  Vir meer inligting en instruksies om dit self te maak.  Kontak die Fraserburg Landbou Kooperasie (023) 7411252 vir bestelling.

Somerreëngebied - Junie en Julie                                   For English version, click here

Somerreëngebied - Augustus en September                    For English version, click here

Die lente kondig óf die begin van lamtyd (einde Augustus) óf paartyd (Oktober / November) in die somerreënvalgebied aan. Voorbereiding vir hierdie belangrike tydperke is van kardinale belang om goeie aanteelstatistiek te behaal. Linda Henderson van Veeplaas het met NWKV produksie advsieurs gesels vir praktiese maatstawwe in hulle onderskeie gebiede - lees volledige artikel.  Bl. 2

Karoostreek – Juan Venter sê dit is baie belangrik vir Produsente van veral die Karoostreke, waar Slenkdalkoors en bloutong voorkom, om ‘n maand grasie voor die paarseisoen toe te laat as ooie met lewende entstowwe behandel word. Dit sal voorkom dat absorpsie en aborsies plaasvind.

Die Hoëveld – Jacques Jansen van Vuuren meen dit is belangrik om ramme ten minste 8 weke voor paring met lewende entstof te behandel, ondat die koors wat as teenreaksie op die middel ontwikkel, tydelike onvrugbaarheid veroorsaak. Dit is net so belangrik dat boere teen lewerslak optree. Lewerslak is ‘n probleem in gebiede waar diere van groundwater afhanklik is. Die enigste manier om ‘n ingeligte besluit oor behandeling te neem, is om mismonsters te neem.

Noordkaap – Gawie van Wyk – een van die belangrikste faktore om ‘n goeie paarseisoen te verseker, is die vrugbaarheid van die ramme. Ek raai boere aan om hul ramme gereeld te laat toets vir geslagsiektes of ander oorsake wat hul vrugbaarheid kan beinvloed. Boere in die Noordkaap kry finansiële ondersteuning van die RPO vir hierdie toetse.

 

Somerreëngebied - Oktober en November                       For English version, click here

Somerreëngebied - Desember en Januarie                      For English version, click here

 

S