Afrikaans

Die Springbokkopmerk wat vroeër jare op wolbale verskyn het, en wat as gevolg van boikotte verlore geraak het gaan weer op wolbale aangebring word as simbool van trots vir Suid-Afrika.

Drie Oos-Kapenaars is as finaliste in die Zegna-fynwolkompetisie vir 2009/10 aangewys.

‘n Aantal beamptes van Dewetsdorp in die Suid Vrystaat (waar die eerste Skaaptelkompetisie in die wêreld plaasgevind het in 1984 – gereël deur die Driekop- Dewetsdorp wolkwekers vereniging. Foto onder links) is deur Agri Megaweek genooi om ‘n skaaptel kompetisie op Bredasdorp aan te bied.

DIE vooruitsigte vir die wolmark vir 2011/12 lyk ondanks die ekonomiese onsekerheid in die Euro-sone belowend, aldus die jongste kommoditeitsverslag van die Australian Bureau of Agricultural and Resource Economics and Sciences (Abares).